Not Logged in
SARL News Bulletin Archive



Home

Bulletin by e-mail
Bulletin Archive


SARL-NUUS SONDAG 17 JUNIE 2012

U luister na ZS6SRL, die amptelike amateurradiostasie van die Suid-Afrikaanse Radioliga, die nasionale vereniging vir amateurradio in Suid-Afrika, met 'n nuusbulletin wat elke Sondag om 08:15 SAT in Afrikaans en om 08:30 SAT in Engels uitgesaai word. Vir oudio, gaan na www.sarl.org.za, klik op 'Amateur Radio Today' en volg die skakels soos aangedui. Vir oudio deur Echolink, koppel met ZS0JPL-R.

Hierdie, en vorige bulletins kan afgelaai word by www.sarl.org.za en u kan ook daar inteken om toekomstige bulletins per e-pos te ontvang.

U nuusleser vandag is (Naam en roepsein), op 145,725 MHz FM vanuit Pretoria, met herleidings op (7 066 en 3 695 kHz ESB). (Ander nuuslesers verander soos nodig)

STIL SLEUTEL.

Dit is met leedwese dat die afsterwe van Johan 'Krit' Kritzinger, ZU4JK, op Sondag 10 Junie 2012 aangekondig word. Ons betuig ons innige meegevoel aan sy familie en vriende.

(POUSE).

In die nuus vandag:

SARL LĘ RIGLYNE AAN OKOSA VOOR.

GOEIE NUUS VIR SADC-BESOEKERS.

SKA-LID AS GAS BY DIE VOLGENDE INTEGNET

U luister na ZS6SRL. Bly ingeskakel vir meer besonderhede oor hierdie en ander belangrike en interessante items.

SARL LĘ RIGLYNE AAN OKOSA VOOR

Die Radioliga het by die kwartaallikse vergadering met OKOSA, wat verlede Donderdag gehou is, 'n stel riglyne voorgelę vir beheerde verbeterings aan die regulasies. Dit is kortliks bespreek en daar is besluit om ‘n werkgroep saam te stel, wat die verskillende aspekte van die voorlegging sal ondersoek en oorweeg.

Die riglyne het te doen met:
Veranderinge aan die bestaande regulasies,
Bedieningsvoorregte vir besoekers uit SADC-lande
Spoedige toegang tot 600 kHz
'n Amateurtoewysing op 5 MHz
Uitbreiding van die 160 meter band en
Die verhoging van uitsetkrag.

'n Kopie van hierdie voorstelle is beskikbaar by www.sarl.org.za.

Amateurs wat daarop wil kommentaar lewer, kan dit stuur na artoday@sarl.org.za.

Die werkgroep sal hulle eerste vergadering in Julie hou.

GOEIE NUUS VIR SADC-BESOEKERS.

Die SARL wil graag ‘n soortgelyke ooreenkoms in plek hę as die een van CEPT. Intussen het OKOSA die SARL laat weet dat, terwyl die voorstelle onder bespreking is, kan besoekers met geldige lisensies uit SADC-lande, aansoek doen vir tydelike magtiging om in Suid-Afrika te opereer. 'n Aansoeker moet ‘n kopie van sy lisensie verskaf en meld hoe lank hy sal vertoef. Dit moet gestuur word na KMashile@icasa.org.za sowel as admin@sarl.org.za. Die wagtyd is ongeveer 48 uur.

SKA-LID AS GAS BY DIE VOLGENDE INTEGNET

Prof Justin Jonas van die SKA-span, sal ‘n gas wees by vanaand, 17 Junie, se “Interaktiewe Tegniese Net” (INTEGNET). Dit begin om 19:30. Prof Jonas gaan praat oor dié deel van die SKA wat na Suid-Afrika gaan kom en sal die kundigheid daaraan verbonde beklemtoon. Hy sal ook deelneem aan die interaktiewe sessie en amateurs oral in die land se vrae beantwoord.

125 KANDIDATE SLAAG DIE RAE IN MEI

’n Totaal van 144 kandidate het die klas A eksamen vir amateurradio in Mei vanjaar afgelę. 116 kandidate, of te wel 81%, het geslaag. Vir die klas B het 10 ingeskryf en 9 het geslaag. Twee kandidate het die hoogste punte, nl. 94%, behaal. Hulle is: B Jakovljevic, ZS6BAT, en HC von Stockhausen, ZS6VST.

Die jongste kandidaat was maar 11 jaar oud. Dit is GJ du Toit, ZU5GDT.

Al die kandidate wat geslaag het, en hulle roepseine ontvang het, mag op die lug gaan, en hoef nie te wag vir die amptelike lisensiedokumente nie. Dit mag nog ’n paar weke neem om geprosesseer te word. Die resultate word op www.sarl.org.za gepubliseer en die briewe word gepos.

Alle suksesvolle kandidate, wat ’n aansoekvorm aan die Liga voorlę, sal gratis lidmaatskap vir ’n jaar ontvang. Dit sal hulle toegang verleen tot Radio ZS op die werf en al die ander dienste, sowel as die QSL-buro, wat aan lede beskikbaar is.

Enkele kandidate het nog nie hulle evalueringsvorms vir HF voorgelę nie en sal eers hulle roepseine ontvang sodra die Liga die dokumente ontvang het.

UITNODIGING VIR ARRL/TARP DIGITALE KOMMUNIKASIEKONFERENSIE.

Amateurs word uitgenooi om tegniese dokumente in te stuur vir die 31ste jaarlikse digitale kommunikasiekonferensie van die ARRL/TARP. Dit word tussen 21 en 23 September 2012 by die Sheraton Gateway Airport Hotel in Atlanta, Georgia gehou. Die dokumente sal in die konferensie se verrigtinge gepubliseer word – en jy hoef nie daarvoor teenwoordig te wees nie. Stuur jou voorlegging voor 31 Julie na Maty Weinberg met e-posadres maty@arrl.org. Besoek gerus www.tapr.org/dcc vir meer inligting.

HERHALERWERKGROEP VERGADER OP 23 JUNIE

Die SARL se Herhalerbestuurder, Frik Wolff, ZS6FZ, berig dat verskeie klubs en herhalergroepe van afdeling 6, die uitnodiging aangeneem het om verteenwoordigers na die herhalerwerkgroep se vergadering te stuur. Dit word op Saterdag 23 Junie om 09:00 by die Nasionale Amateurradiosentrum (NARS) gehou.

Die spyseniers, wat kos gaan voorberei, vra dat persone wat die vergadering gaan bywoon, hulle inligting sal aanstuur na vubandplanning@sarl.org.za.

WIE IS WIE OP BHF EN UHF

‘n Omvattende databasis word tans voorberei vir amateurs wat oor BHF- en UHF-toerusting beskik en aktief daarmee besig is op 50, 70, 144, 432 en 1 296 Mhz.

Alle amateurs in Suid-Afrika en naburige state, word genooi om hulle inligting beskikbaar te stel, ongeag of hulle lid is van die Radioliga of nie. Die volgende inligting word verlang: Volle naam, roepsein, dorp of stad, ruoitverwysing landlyn- en sakfoonnommer, uitsetkrag en tipe antenna vir elke band. Meld ook op watter bande jy tans aktief is en watter uitsaaimodes gebruik word.

Help asseblief om ‘n akkurate lys van amateurs op BHF/UHF in Suider-Afrika saam te stel. Wend ‘n poging aan om jou en jou vriende se data te verskaf aangesien dit van groot waarde sal wees vir die gemeenskap op die baie hoë frekwensies.

Stuur jou inligting deur na: BHF-forums na ZSVHF se verspreidingslys, per e-pos na mcbosch@webafrica.org.za, per SMS na 084 601 9600 of per landlyn na 041 581 2425.

KOMPETISIENUUS

WËRELD QRP-DAG

Vandag, 17 Junie, is ook Węreld-QRP-dag en radioamateurs word aangemoedig om met lae krag te werk. U sal aangenaam verras wees met die resultate wat u kan behaal deur van 5 watt of minder gebruik te maak op die bande. Probeer dit gerus!

SARL TOPBAND QSO-GESELLIGHEID.

Hierdie prettige aktiwiteit het dit ten doel om kontakte op 160 meter tussen radio amateurs in Suider-Afrikaanse lande te bevorder en hulle aan te moedig om vir die SARL se Topbandtoekenning aansoek te doen. Die geleentheid is oop vir alle gelisensieerde amateurs wat toegang tot die 160 meterband het.

Die QSO-geselligheid begin om 00:00 (Zero uur) UTC of 02:00 SAT op Donderdag 21 Junie en eindig om 00:00 (Zero uur) UTC of 02:00 SAT op Maandag 25 Junie. Die frekwensies tydens die QSO-geselligheid word soos volg gebruik: GG tussen 1 810 en1 838 kHz en foon van 1 840 tot 1 850 kHz.

'n RS(T) verslag en provinsiale- of landafkorting word uitgeruil. Na die QSO moet die stasie die frekwensie met ten minste 2 kHz verander vir die volgende QSO, tensy 'n tydperk van 10 minute tussen kontakte verstryk het. Die frekwensie van elke QSO moet op die logstaat aangetoon word.

Elke stasie kan een keer op GG en een keer op foon gewerk word. Elke kontak sal drie (3) punte tel en vyf (5) addisionele bonuspunte word toegeken vir elke Suid-Afrikaanse roeparea en elke DXCC-land gewerk. Die totale telling is: (Totale QSO-punte) plus (Bonuspunte).

Logstate moet teen Maandag 2 Julie by die Wes-Rand Amateurradioklub, Posbus 5344, Weltevredenpark, 1725 of per e-pos by contest@sarl.org.za ingedien word.

PEARS PRETKOMPETISIE

Die Port-Elizabeth Amaterurradio se kompetisie vir die pret, is op 26 Mei gehou en daar was net een wenner. Dit was Gerrit, ZS2XD, met 54 kontakte en ‘n totaal van 675 punte. Baie geluk, Gerrit!

SNUFFELMARK BY WESRAND

Die Wesrand Amateurradioklub hou sy volgende snuffelmark op Saterdag 30 Junie 2012 om 12:00 by die klubhuis in Krotonstraat, Weltevredenpark, Roodepoort. Almal is baie welkom. Vir meer inligting kontak Phillip, ZS6PVT, by 083 267 3835.

HF VOORTPLANTINGSVOORSPELLING

Hannes Coetzee, ZS6BZP, berig dat die sonaktiwiteitsvlak gematig is. Sonvlek 1 504 is besig om te groei en is alreeds so groot soos vier aardes. Dit huisves nou genoeg energie om X-klas fakkels te produseer.

Vir diegene wat hulle eie frekwensievoorspellings wil doen, die verwagte effektiewe sonvlektelling vir die week is ongeveer 90.

Amateurs gaan al die DX-bande van 20 tot 10 m geniet, met 15 m wat die beste openinge gaan oplewer terwyl 20 m net 'n kortkop agter behoort te wees. 10 m openinge gaan minder gereeld voorkom en dit sal meestal op Oos-Wes paaie voorkom.

Besoek gerus www.spaceweather.co.za vir meer inligting.

DAGBOEK VAN GEBEURE
17 Junie – Vandag, topband QSO=party die hele dag.
17 Junie – Vanaand om 17:30 Integnet oor die SKA-projek met Prof. Justin Jonas as gasspreker.
23 Junie – Herhalergroepvergadering om 09:00 by die NARS.
30 Junie – Wes-Rand snuffelmark beginnende om 12:00 te Krotonstraat. Vir inligting kontak Phillip, ZS6PVT, by 083 267 3835.

SARL-nuus nooi klubs en individue om nuusbrokkies, waarin radioamateurs en kortgolfluisteraars sal belangstel, in te stuur na www.sarl.org.za/newsinbox.asp Stuur dit - indien moontlik - in Engels sowel as Afrikaans, nie later as die Donderdag voor die uitsending nie.

Die SARL nooi u ook om te luister na die program "Amateur Radio Today", wat om 10:00 SAT op 145,750 MHz in die Pretoria-gebied uitgesaai word, met herleidings op 7 082, 7 205 en 17 760 kHz. Daar is ook 'n "podcast"-uitsending deur Dick ZS6RO. Besoek www.sarl.org.za vir oudiostrome en Echolink deur ZS6FCS. Klik op 'Amateur Radio Today', gaan af op die groen kolom en klik op 'LISTEN ON THE WEB'. 'n Heruitsending vind Maandagaande om 17:30 UTC op 4895 kHz plaas. Sentech borg die uitsendings wat nie op amateurfrekwensies uitgesaai word.

U het geluister na 'n bulletin van die Suid-Afrikaanse Radioliga, saamgestel deur Flip Britz, ZS4GE/6, en geredigeer deur George Honiball, ZS6NE.

Dankie dat u geluister het. 73.

/EX


Copyright © 1997- 2006  South African Radio League
Last modified: 14 April 2003